Karlien van Jaarsveld - Katrientjie Katryn (Amptelike Musiekvideo)

Published 2024-07-18
Luister 'Katrientjie Katryn': KvJ.lnk.to/KatrientjieKatrynMB

Volg Karlien van Jaarsveld op sosiale media:

Facebook - www.facebook.com/Karlien.van.Jaarsveld
Instagram - instagram.com/karlienvanjaarsveld?igshid=YzAyZWRlM…
TikTok - www.tiktok.com/@karlien_van_jaarsveld?_t=8aHDKGQP0…
____________________________________
Lirieke:

Ek sit hier in die Boland
Ek sit en dink aan jou
Ek sien hoe hierdie berge
Hoe die berge onthou

Ek vertrou nie meer op woorde nie
Ek luister na die wind
Ek dans nie meer vir mense nie
Maar op die ritme van ‘n kind

Katrientjie Katryn
Jou wêreld het in kleure verskyn
Jy dans kaalvoet by die afgrond verby
Ek onthou jou nog jou hande so klein

Katrientjie Kartryn
Jy vleg met al jou woorde so fyn
Al die detail van die groot en die klein
Sien jy Katrientjie Katryn?

As kind het jy geloftes
Aan hierdie berge afgelê
Jou naam wat in Sy boesem was
Het in die sterre gaan lê

Die wyn wat eens net water was
Les nou meer as net ‘n dors
Dis ‘n stroom van wie en wat ons was
En van wat het ons word

Katrientjie Katryn
Jou wêreld het in kleure verskyn
Jy dans kaalvoet by die afgrond verby
Ek onthou jou nog jou hande so klein

Katrientjie kartryn
Jy vleg met al jou woorde so fyn
Al die detail van die groot en die klein
Sien jy Katrientjie Katryn?

Ek onthou nog altyd ‘n droom oor jou en my
Dit wat die droogtes laat verdwyn

Katrientjie Katryn
Jou wêreld het in kleure verskyn
Jy dans kaalvoet by die afgrond verby
Ek onthou jou nog jou hande so klein

Katrientjie kartryn
Jy vleg met al jou woorde so fyn
Al die detail van die groot en die klein
Sien jy Katrientjie Katryn?

All Comments (21)
  • @FunkyMeats
    So Pragtig Karlien jy sing met soveel gevoel in jou.
  • @bvt5992
    Mooi Karlien. Jou lied maak my HUIL. Maak iets wakker in my wese. Pragtig. xxx
  • Sjoe pragtig. Jy's n engel duisend. Dankie Karlien. ♥️🌹🤗
  • Die liedjie raak net elke hartsnaar. Sommer vele trane gepik. Beautiful Karlien!!!
  • Hoe meer ek na haar luister hoe meer hou ek van haar musiek. Mooi warm stem Goeie hart. Mag jy geseen word.
  • Hoendervleis... dis so maklik om die kind binne jou te vergeet deur die op en af van die lewe, die vals wat ons almal omring... tog is sy maar altyd daar om jou te herriner aan dit wat opreg is, dit wat eintlik saak maak.. wie jy is as alles van die wereld van jou af "gestrip" word.. dit wat jy uit jou fondasie aan jou kinders oor dra. Dankie vir die "reminder" Karlien ❤
  • Katientjie, jy is maar net my favourite sangers. ❤ Die is whaau🎉
  • Absoluut pragtig liedjie hê jy gebring. Ek wonder baie oor wie die liedjie gaan. Oor jou kinders of oor jou as klein meisie. Maar regtig 'n mooi liedjie. Groetjies uit Nederland
  • ASEMROWEND HOENDERVLEIS MOOI. Sjoe Karlien. Jy vat so aan die hartsnare!!! ❤❤❤❤❤
  • Here dankii vir karlien van jaarsveld ❤️💯🥰 dus n goeie liedtjie Kaalvoet by die afgrond verby
  • @amorfaber3793
    🥹🥹♥️♥️sooo mooi, ek het elke deel gevoel